

GEEN ALKOHOLIESE DRANKIE IDEES
Bessie Jvr Marais:
Wat van apple tizer en druiwesap ek hou van druiwesap.
Cindy Christiaans:
Passion fruit en lemonade.
Jacqueline Butt Bierman:
Lekker fruit punch. Crushed pineapple blikkies granadilla en sprite of jy kan ook soda water gebruik. Dreineer net nie pinepple crush voordat jy dit gebruik
Anina Klue Otto: Maak jou eie rooibosystee. Dit is verfrissend en altyd ‘n wenner.
Jy kan enige geur aanmaak koeldrank stroop byvoeg na jou smaak (ek is mal oor pomelo geur) en as jy dit ‘n borrel wil gee kan jy lemonade of sodawater byvoeg.
Plus as jou gaste nie suiker gebruik nie, kan jy die suikervrye opsies byvoeg!
Christa Hamann Butler Roses:
Lime cordial met sprite.
Ineke Steyn:
Ek maak water kefir en dan proe dit soos gemmer bier. Baie gesond en lekker.
Sanet van Wyk:
Goeie idea, maar dit kan wel klein klein bietjie alkohol inhoud he. hang af hoe streng mense is oor geen alkohol verbruik.
Ineke Steyn:
As jy dit nie lank ferment nie is daar amper geen alkohol nie. Ek sit myne in yskas sodra ek dit gemaak het en dan na 2 tot 4 dae is dit reg. Soms proe dit soos pynappel as jy dit langer hou proe dit soos gemmerbier. Ek sit net extra gemmer in
Sanet van Wyk:
Lekker met vars lemoen sap ook in saam met gemme
Rochelle Liebenberg: Aanmaak ystee, sodawater en non-alcoholic champagne. Bedien met gevriesde aarbeie en suurlemoen skyfies. Skuus ek was onduidelik… gebruik slegs die ystee se stroop (peach werk lekker). Het dit gedrink verlede Kersfees toe ek swanger was. Dis baie lekker!
Schalk Mostert:
Pons met borrelende druiwesap
Catherine Ryland:
Passionfruit and lemonade. Virgin strawberry daiquiri.
Sanet van Wyk: Iced tea.
Amanda Marais:
Daar is nou blykbaar ‘n alkoholvrye gin en tonic op die mark.
Melissa Ann Vermeulen:
Steelworks. Kola tonic and ginger beer. I do add bitters and sometimes a splash of Roses lime juice as well.
Ella Simpson:
Italian Soda is heerlik.
Ria Dednam:
Virgin Mojito. Mintblare gekneus in 3 e bruin suiker, 1 liter lemonade en skyfies suurlemoen. Kan so spriet suurlemoensap ook byvoeg. Soms voeg ek Appelsap by. Heerlik verfissend. Pas hoeveelhede aan. Almal wat dit proe soek resep.
Petro van Rensburg:
Probeer gerus passion fruit en creamsoda… baie baie lekker!!
Trudie Truter:
Jy kan lekker drinkgoed maak as jy vrugte in blender gooi met 500 ml applesap vir elke liter gepulpde vrugte en vries in ziplock sakkies en as jy dit benodig laat dit halfpad ontvries en meng met yskoue sprite baie lekker.
Hannes En Vivien Erasmus:
Lemonade met mint en suurlemoenskyfies
Anita Van Boom:
Okay wat van hierdie een. Glas Sprite of dieet Sprite ys blikkies, gekneusde mint blaar, een eetlepel balsamiek asyn (laat mens dink aan kola tonic) maar heerlik verfrissend!
Annette Anderson:
Net Vrydag heerlike tuisgemaakte lemonade met bietjie granaatstroop in gedrink. Heerlik en dit lyk pragtig!
Annalize Dorfling Volschenk:
Ice tea met soda of sprite gemeng. Sny piesang en appel en sit in drankie.
Elize Botha:
Koue ystee gemaak met rooibostee en Fusion aanmaak koeldrank die peach and apricot geur.
Dottie Trichardt:
Helfte strawberries đ en helfte sprite met baie fyn ys.
Annelize Du Plessis-Viviers:
Ystee gemaak van 1 liter rooibostee, sterk en afgekoel. Meng met 1 liter koue water en pakkie drink o pop. Strawberry, lemoen, nartjie, suurlemoen en cherrie is baie lekker.
Magda Papageorgiou:
Passionfruit en lemonade
Sprite met stukkies suurlemoen en mint blare
Jennie Cronje:
Lipton ice tea het 2 nuwe virgin cocktail flavours, baie lekker.
Louisa Weideman Gebruik Sprite zero en ‘n skootjie suikervrye aanmaak koeldrank van Slimsy. ( Kyk by Checkers – verskeie geure) Die lime en ook die ruby grapefruit is veral lekker. Skink dit in ‘n cocktail glas. Kan ook sodawater gebruik i.p.v. Sprite zero.
Retha Grobler:
Ceres Medley of fruit gemeng met Sprite en Sodawater.
Laura Lombard:
Shirley Templeton
A Shirley Temple is a non-alcoholic mixed drink traditionally made with ginger ale, a splash of grenadine and garnished with a maraschino cherry.
Ingredients: Splash of grenadine syrup, Glass of ginger ale
Preparation: Add a splash of grenadine to a glass of ginger ale, garnish with a maraschino cherry.
Laura Lombard:
Wat van tomato cocktail?
glas yskoue tamatie sap
paar druppels Worcester sous
paar druppels Tabasco (plain een nie garlic nie)
bietjie suurlemoen sap
sout en pepper
Heerlik verby!
Photo: Ria Dednum







DONE