MOEKSIE SE BROOD POEDING
Bestandele:
1wit brood
appelkoos konfyt om op brood te smeer
Margerien om brood te smeer ,
8 eiers,
Fyn kaneel,
1 koppie Roesyne
500ml melk,
3etl suiker,
Smeer die broodjies met margerien en appelkoos konfyt, plaas nog n sny op die gesmeerde broodjie, maak so tot die brood gesmeer is, sny 4lyne af en 4 lyne dwars, sodat dit Klein blokkies is, sit in gesmeerde bak, sprinkel roesyne op die gesnyde brood, meng die melk en eiers saam, gooi die melk mengsel in met die brood, sprinkel die suiker en kaneel bo op die brood, kan bietjie appelkoos konfyt tussen die broodjies sit, bak op 160grade, vir 45 min, baie lekker met custard,
Bron en Foto: Hannie Chapman