

MELANIE SE MAKLIKE SOET MOSTERD
Baie Maklike Soet Mostert Resep.
Ek maak dit elke jaar Kersfees. (Ek gebruik sommer die blikkie vir die metings ook)
Plaas die inhoud van 1 blikkie kondensmelk in ‘n houer.
Meet ¼ blikkie asyn af en voeg by die kondensmelk.
Meet ½ blikkie olie en voeg by kondensmelk.
Skep 2 teelepels american mustart by die kondensmelk, olie en asyn (jy kan meer mosterd gebruik, proe tot dit sterk genoeg smaak).
Klits 5 min BAIE goed en laat oornag verkoel in toe houer.
Klits mosterd weer deur en geniet.
Resep: Melanie Voordewind






