

KOOS SE SCHNITZEL
Ek het so 2 weke terug n blok Topside gekoop om my eie maalvleis te maak.
Toe sny ek sommer steak so 2 cm uit die topside en vra die slaghuis om dit vir my deur die tenderiser te sit
Vanaand toe maak ek Tenderised steak SchnItzel
Ek het die steak speserye gegooi en in die yskas gelos vir so 2 ure
In een bak Koekmeel, Bak no 2 geklitse eier en bak no 3 brood krummels met speserye in gemeng.
Die proses is maar druk die vleis in die volgorde droog/nat/droog Koek meel, eier en dan Brood krummels
Alles is toe yskas toe vir nog so n uur.
Ek het die steak op baie hoe hitte olie ge-deep fry tot dit bruin was en toe uit gehaal en in n bak in die oond. Ek wou dit nog in die oond bak maar ek sny toe n stukkie om te proe en alles was 100% reg om te eet
Hier is hy saam met regte aartappel mash met botter en growwe peper en n sommer so slaai
Resep en foto: Koos van der Merwe






