

CECIL SE HOENDER IN DIE DRUKKOKER
1 heel hoender
1 ui opgekap
1 appel in stukke gesny
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Dry rub
½ koppie koekmeel
1 teelepel paprika
1 teelepel sout
1 teelepel witpeper
2 teelepels knoffelvlokkies
Kook die hoender saam die uie, appel en sop poeier in drukkoker vir 15 min
Haal die hoender uit en smeer met dry rub en bak in oond teen 180°C tot bruin.
Voeg die sous van die drukkoker by en bak verder met deksel op vir 15 min.
Resep en Foto: Cecil Dunhin






