


KNUPPELDIK SE SOUTTERT(JIES)
3 E meelblom
2 E margarien
3 K melk
sout
4 eiers
375 g(1blik) weense worsies
1 E gerasperde ui
3 K grof gerasperde kaas
Knippie rooipeper
2 ml mostertpoeier
Maak witsous van eerste 4 bestanddele. Klits eiers en voeg by.
Voeg nou alle ander bestanddele by en meng goed.
Skep in kolwyntjie panne of in tert bak.
Maak 24 kolwyntjies of een groot tert
Bak by 180grade tot lugbruin…
1steFOTO: Marinda Stoumann Harris
2de FOTO: Marie Rheeder Troskie






