ESBE SE SOUS “SOMMER VIR ALLES”
750ml Mayonaise
385gr Gekondenseerde Melk
60ml Suurlemoensap
25ml Worcestersous
50ml Pietersielie
5 Rooi Cocktail uitjies fyngesny
4 Gerkins fyn gesny
1 Middelnatige Ui fyn gesny
Rooi Peper.
Meng alles goed saam en verkoel.
RESEP EN FOTO: Esbe Mostert
2DE FOTO: Cecilia De Beer
Cecilia De Beer
Vanaand julle sousresep van so 2 weke gelede uitgetoets. Hier is die eindresultaat en dit proe heerlik. Uitgetoets op snoekbroodjie. Baie Dankie ek glo dit gaan ‘n treffer wees veral as dit so ‘n dag of 2 gestaan het.