

DIABETIESE PYNAPPEL EN LEMMETJIE YSKASTERT
Resep en foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie pynappelstukke in vrugtesap
1 blikkie onversoete Ideal Melk, baie koud
1 pakkie Simply Delish lemmetjie geur jelliepoeier
2 sakkies (10 g elk) gelatien
10 volgraan Provita beskuitjies
50 g gesmelte botter
4 sakkies Selati versoetter
Kap die beskuitjies fyn, meng met die botter en druk onder in ‘n tertbak vas. Plaas in die yskas tot benodig.
Dreineer die pynappelstukke. Behou die stroop.
Kap die pynappelstukke tot growwerig stukke.
Meng die jelliepoeier, selativersoetter en gelatien goed saam.
Verhit die pynappelstroop, voeg nog 100 ml louwarmwater by en roer die jelliepoeier, Selati en gelatien daarin tot opgelos. Klits die Idealmelk tot sponserig. Voeg die stroopmengsel in ‘n dun straaltjie by terwyl jy aanhou klits. Skep die mengsel op die kors, strooi fyngekapte neute oor en plaas in die yskas tot gestol.
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






