ALTA SE KOOL FRIKKADELLE
Kool frikkadelle:
‘n Mooi koolkop, verwyder blare versigtig, sny die harde stuk in ‘n V uit die blare en blansjeer in kook water tot net verlep, nie pap nie
gebruik 1 kilogram maalvleis
halwe koppie gaar rys en
gekapte ui
2 teelepels braaispeserye
2 teelepels gebreekte koljander
1 teelepel aromat
2 eetlepels asyn
kwart teelepel van volgende, fyn naeltjies neutmuskaat en peper
Meng alles saam, maak frikkadelle en braai tot amper gaar in groot patboom kastrol. As frikkadelle klaar bruin is, haal uit en hou eenkant. Braai gekapte ui en die oorskiet kool in frikkadelle se sousie. Rol frikkadelle toe in kool blare en pak mooi in kastrol op gebraaide kool en uie. Gooi klein bietjie water op en laat stoom tot gaar.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyl