

ZWANET SE BLOMKOOL EN BROCCOLI SLAAI
1 broccoli kop gebreek in blommetjies
½ blomkool kop gebreek in blommetjies
Plaas bogenoemde in kookwater vir 5 min (nie op die stoof- kook ketel en giet water oor)- spoel af.
Braai uie, sampioene en spek stukkies tot lekker gaar, en voeg by die groente.
meng die volgende:
½ blikkie kondensmelk
1 koppie gewone jogurt
1 koppie mayonnaise
Plaas alles saam in ‘n slaaibak en meng goed deur die broccolimengsel.
Sit gerasperde kaas bo oor en sit in yskas – hoe langer hy staan hoe lekerder !
Resep: Zwanet Kuhn
Foto: Adam Cloete






