

WATERBOLLE
Ek deel graag die resep met julle. My ma het dit altyd vir ons gemaak as kinders. Ons het dit waterbolle genoem. Wie ken dit?
Resep:
3 koppies bruismeel
1 houertjie karringmelk (500 ml)
Stroop:
3 koppies water
2 koppies suiker
2 kaneel stokke
klapper om in te rol
olie om in te bak
Kook stroop bestanddele saam tot suiker opgelos het, moenie van die begin af te vinnig kook nie, laat suiker eers oplos, en dan kook jy so 5 min saam.
Meng meel en melk tot ‘n slap degie. Bak in olie. Ek skep sommer lepels vol en sit in olie.
Doop in warm stroop en rol in fyn klapper. Ek gooi klapper in ‘n bak met deksel en skud.
Ek hou die hitte op die stoof laag en dompel dit in, druk dit so bietjie met die spaan, haal uit en rol in klapper.
Resep en foto verskaf: Belinda Minnie







Geskuif – reeds deur Stien gedoen.