

MYRTLE SE GEVULDE GEMARINEERDE BIEFSTUK
Ek het my steak bietjie laat lê in ‘n marinade van olie, suurlemoensap, tamatiesous en wostersous. Het sommer van die gekoopte spinasie…daai wat mens in kookwater of mikrogolf warm maak gebruik, die steak daarmee gesmeer en kaas en ham blokkies daarop gesit en dit toegerol en in ‘n bietjie olie gebraai.
Kap jou steak lekker plat met vleis hammertjie of piering. Gooi oor sout, peper , bietjie wostersous en bietjie knoffelvlokkies
Braai uie sampioene en spek tot sag.
Hier kan jy dan lekker jou verbeelding laat gaan – dink aan spinasie en feta kaas, mossels, kaas en ham, enige iets wat jy lus voel om as vulsel te gebruik.
Smeer oor die steak en rol op.
Steek vas met tandestokkies en bak in die oond tot gaar of jy kan dit ook in vlak panolie bak tot gaar.
Maak ‘n lekker kaassous, of bisto sous, sampioen sous ens. Kyk wat by jou vulsel sal pas.
Bedien met kapokaartappels of skyfies, mengelslaai of volledige bord gekookte groente.
Resep: Myrtle van Dyk






