LINDY SE KOEKSTRUIF
Pak rolkoek skywe onder en aan kante van die bak..
Ek sny my skywe middeldeur dan vertoon dit mooier.
Sprinkel met haselneut liqueur, gooi blokkies gestolde granaat jellie oor, sowel as gekapte walnuts, laag vla, laag geklitste room, sprinkel met fyngekapte aero sjokolade en paar bloubessies.
Herhaal met nog n laag rolkoek en res van lae
Eindig af met fyn sjokolade bo op laaste roomlaag, gekapte neute en aarbeie en bloubessies.
Heerlik en nie te soet. Die haselneut liqueur gee dit n lekker smaak.
Bron en foto: Lindy Badenhorst