

ELSABIE SE LAMSKENKELS IN ROOIWYNSOUS
Braai lamskenkels in bietjie olie tot begin verbruin.
Plaas in oondskottel.
Gooi oor die skenkels:
2 blikkies tamatie en uie
1 klein houertjie tamatie pasta
1 koppie rooiwyn
1 koppie vleisaftreksel met
1 E gekapte knoffel
Sprinkel mildelik met die Arabiese speserye/kruie.
Sit deksel op en bak in voorverhitte oond by 200°C vir die eerste uur en stel daarna af tot 160°C vir nog 2 ure.
Die vleis kan met ‘n vurk van die been afgehaal word so sag is dit.
RESEP EN FOTO: Elsabie Templeton
Arabiese Speserye is:
Arabian Lamb Seasoning
Aromatic coarse blend without salt
For lamb and other meat specialities.
Imparts a fine garlic flavour
Pepper, thyme, garlic, aniseed, rosemary & chilli






