


GEBAKTE POEDING MET DADELS EN LEMOENSOUS
Ek het vandag die Jan Ellis so bietjie ‘n twist gegee en dit was regtig ‘n heerlike verandering.
1.5 koppies bruismeel
2 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
½ koppie suiker
125 g sagte botter
sout
½ koppie melk
1 teelepel koeksoda
½ koppie fyn gesnyde dadels
gerasperde skil van 1 lemoen
Los die koeksoda in die melk op. Klits eiers en appelkooskonfyt saam.
Meng die res van die bestanddele saam, sit die eiers by en meng, gooi nou die melkmengsel by en meng goed.
Sit in oondvaste bak ongeveer 25 x 25 cm wat gespuit is en bak by 180°C vir 30 minute. (waaier oond by 170°C)
Terwyl die poeding bak, meng die volgende en kook saam, gooi warm oor die warm poeding wanneer dit uit die oond kom, en help sous bietjie in en onder die poeding in met ‘n slap mes.
1 koppie room
1 koppie sagte botter
½ koppie suiker
5 ml vanilla
sap van 2 lemoene, aangevul tot by 250 ml met kookwater
Sit warm voor saam met vla of roomys. Geniet dit baie.
Resep en foto: Rina Kleinhans







Geskuif