

ERIKA SE CREMORA TERT MET ‘N TWIST
500 g Cremora
1 blik kondensmelk
150 ml suurlemoensap
125 ml kookwater
1 pakkie tennis beskuitjies
100 ml margerine
1 pak instant chocolate mousse
800 ml melk
Druk koekies fyn en meng margarine by, druk vas onder in tert bak. Los melkpoeier op in kook water en laat afkoel. Klits suurlemoensap by kondensmelk tot amper styf. Maak mousse aan met melk en klits tot amper styf. Skep die twee vulsels in lae oor die kors en sit in yskas tot gestol.
Bron: Erika van der Westhuizen
Foto: Lea Drieselmann
Ek het die sjokolade mousse vervang met vanilla mousse want ek het ‘n paar ouens wat nie baie van sjokolade hou nie.






