1-2-3 BOTTER PLäTZCHEN (KOEKIES)
200g Botter
1 pakkie Vanielje suiker
150g Suiker
325g koekmeel
1 Eier
100g maizena
Meng al die droë bestandele saam. Meng dan die botter stukkie vir stukkie in. Voeg dan eier by en knie die deeg nog ‘n bietjie Met die Mixer. Daarna nog met die hand Knie en rol uit en druk vormpies uit van keuse. Bak vir so 12 min teen 200 grade. Wanneer afgekoel versier soos jy lus het. Ek het konfyt en gekapte amandels en gesmelte sjokolade opgesit! Geniet dit.
Bron en foto: Charlene Neubert