

CHOUX- POFFERTJIES MET ROOM EN SJOKOLADE SOUS
Foto: Petro Van Genderen
FOOD LOVERS RECIPES
150 ml koekmeel
50 g botter of margarien
125 ml water
knippie sout
1 ekstra groot eier of 2 middelslag eiers
Vulsel:
250 ml room
60 ml strooisuiker
2 ml vanilla geursel
Afronding:
Gesmelte donker sjokolade
Voorverhit oond tot 200 ºC . Sif die meel en laat eenkant.
Verhit botter, water en sout tot botter gesmelt is. Moenie laat kook nie. Verwyder van hitte en voeg al die meel by. Roer goed met ‘n houtlepel tot ‘n sagte deegbal vorm wat wegkom van die kante.
Die deeg moet dus in die middel van die kastrol in ‘n bolletjie vorm en die rante van die kastrol moet skoon wees. Laat koud word.
Plaas deeg in ‘n voedselverwerker.
Klop eiers. Skakel die voedselverwerker aan en voeg die eier in ‘n dun straaltjie by die deeg. (ek het nie voedselverwerker gebruik nie, het met die hand, harde werk haahaa) die eier moet baie stadig bygevoeg word en die masjien moet deurentyd loop. Meng tot eier goed bygewerk is. Die deeg moenie pap wees nie, maar vorm kan behou.
Voer ‘n bakplaat met waspapier uit. Plaas deeg in ‘n spuitsak met ‘n sterbuis en spuit klein hopies op die papier. Plaas in oond en bak sowat 5 – 10 minute.
Maak oond versigtig oop en druk ‘n gaatjies in elke poffertjie. Vermidder hitte na 180 ºC en laat dit nog sowat 5 – 10 minute bak tot goudbruin en uitgedroog.
Laat koud word.
Klop room en suiker tot styf. Voeg geursel by. Vul poffertjies met room, stapel opmekaar. Skep gesmelte sjokolade oor. (ek het éclairs gemaak in plaas van poffertjies)






