

SHELEEN SE SPAGHETTI GEREG
1 groot ui
500 g bacon bits of repies
1 pakkie sampioene
1 pak spaghetti
250 ml vars room
1 pakkie tamatie sop
1 blikkie sweetcorn
kaas
Breek spaghetti in die helfde en plaas in pot water om te kook. Sny ui en braai in olie. Voeg opgesnyde sampioene by en braai vir 10 min. Voeg bacon by en braai tot daar niks water in die pan oor is nie. Voeg net klein bietjie sout by die spaghetti, die bacon sal die ander sout maak. Terwyl jy wag vir die kos om klaar te braai, kook jou ketel en voeg die pakkie tamatiesop by die kookwater, dit moet lekker dik wees, so voeg die water maar stadig by. Myne is so 450/500 ml in ‘n maatbeker. Los eenkant om af te koel. Voeg die sweetcorn by die kos wat jy gebraai het. Laat dit so 5 min kook en sit die plaat af. Skep die mengsel in ‘n mengbak en voeg die spaghetti by, meng alles goed deur.
Sit die oond op 180 ºC. Skep die sop en room by die hele mengsel, meng alles weer goed deur. Onthou om van onder af op te meng sodat jy die mengsel wat onder in jou bak is boontoe kan bring.
Skep alles oor in ‘n oondbak en maak mooi gelyk. Rasper kaas oor en as jy wil kan jy bietjie mixed herbs bo oor strooi. Sit in die oond en bak tot die kaas lekker bruin is.
Bron en Foto: Sheleen Byrne Vorster






