

VOORTREKKER POEDING
(My aanpassing)
½ lb. margarien (250 g)
2 eiers
4 eetlepels appelkooskonfyt
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
3 koppies kookwater
2 teelepels gemaalde gemmer
2 teelepels koeksoda
1 ½ koppies melk
Plaas die suiker in ‘n diep bakpan, voeg kookwater by en roer tot die suiker opgelos is.
Room die margarien en konfyt, voeg meel, bakpoeier en gemmer, (saam gesif) alternatief met geklitste eiers by. Voeg nou die koeksoda, opgelos in ‘n bietjie melk by. Voeg laaste van die melk by.
Skep lepelsvol van die mengsel in die stroop en bak in ‘n matige oond tot donkerbruin. Die poeding maak sy eie sous, maar kan ook met vla of room geniet word.
Oond temperatuur 180ºC ongeveer 45 minute of tot toetspen skoon uitkom
Het hierdie resep net die helfte van alle bestanddele geneem omdat ek eers wou toets en dit was meer as genoeg vir 4 – 6 mense
Foto en resep aanpassing: Riëtte Wilson Meyer






