

ADAM SE KORSLOSE UIE, TAMATIE EN SPINASIE QUICHE
1 groot ui, in dik ringe gesny
2 tamaties, in skywe gesny
ongeveer 200 g spinasie
twee derde koppie plein jogurt
1 koppie melk
1 pakkie Potato Bake van jou keuse (ek het Cheddarkaas en uie geur gebruik)
2 eiers
1 ½ wiele Fetakaas
bietjie gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te sprinkle
Kook die spinasie tot die blare net verwelk en dreineer deeglik. Plaas die tamatieskywe in ‘n dreineringsbak en strooi bietjie sout daaroor om solank bietjie van die sap te verloor tot jy dit benodig.
Sprinkel bietjie sout oor die uie en braai dit oor matige hitte tot dit begin karameliseer.
Spuit ‘n geskikte oondbak met nie klewende sproei en pak eers ‘n laag uie op die bodem. Breek die spinasieblare in stukkies en strooi dit oor die uie. Volg dit op die die tamatieskywe en krummel die Fetakaas bo-oor. Meng die melk, joghurt en eiers en klits die Potato bake poeier daarby. Giet dit oor die mengsel in die bak. Sprinkel bietjie Cheddar kaas bo-oor en bak by 180ºC vir 30 minute.
Bron en foto: Adam Cloete






