

WILMA SE KORTPAD PIZZA
1kg gekoopte brooddeeg ( dis in plastieksakkies)
1ui opgekap
Halwe rooi-, groen- en geel soetrissie in blokkies of dun repies gesny
1pannietjie opgesnyde sampioene
1pakkie spek blokkies
1blikkie Chakalaka Mild en Spicy
1Sakkie tamatie puree
1koppie elk Cheddar en soetmelkkaas, gerasper
Kruie en Speserye na smaak
MIN Sout en varsgemaalde swartpeper
Metode
Smeer ‘n oondpan of bespuit met Spray n Cook.
Druk die deeg in die oondpan. Nie teen die kante nie.
Braai die uie en spek in ‘n bietjie kook- of olyfolie tot gaar. Voeg die kruie en speserye by.
Voeg die soetrissies en sampioene by
Roerbraai vir ‘n paar minute
Smeer tamatiepasta op die rou deeg en dan die chakalaka.
Skep die groentemengsel bo-op. Strooi kaas oor en bak teen 180grC vir 30 minute.
Die Pizza het ‘n lekker dik kors en is souserig vanwee die chakalaka. Laasgeneomde kan vervang word met gewone chakalaka.
Resep en foto: Wilma Josey Venter






