

VERKILDE TUNASLAAI – DIABETE
250 ml (1 koppie rou stampkoring of 750 ml (3 koppies gaar stampkoring)
½ groen soetrissie, fyn gekap
½ ui, fyngekap
2x 170 g blikke tunastukke in soutwater, gedreineer en gevlok
10 swart olywe
3 groot tamaties in blokkies gesny
125 ml lite mayonnaise
25 ml tamatiesous
2 ml marjolein
25 ml gekapte pietersielie
Vars gemaalde swartpeper
Kook die stampkoring sag in baie water… Dreineer
Voeg die soetrissie, ui, tuna, olywe en tamaties by. Roer liggies deur tot goed gemeng.
Meng die mayonnaise en tamatiesous met die marjolein en giet oor die slaai. Meng die pietersielie laaste in.
Geur met swartpeper na smaak. Verkil.
Een porsie is gelyk aan….. 1 stysel en 2 proteïen….
Geplaas deur Petré Van Jaarsveld
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






