

MANGO HOENDERKERRIE
Resep en foto: Albert Buitenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Jam blik “Bunny Chow” met mango hoenderkerrie.
1 hoender, in porsies gesny (of 8 porsies)
2 uie, gekap
2 wortels, in ringe gesny
2 groot aartappels, in blokkies gesny
15 ml fyn vars knoffel
30 ml fyn vars gemmer
1 liter Ceres mango sap
30 ml kerriepoeier
olie vir die braai van die hoender en uie
30 ml mielieblom (Maizina)
In die pot waarin jy die kerrie gaan kook, braai die hoender tot goudbruin.
Verwyder die hoender en braai die uie tot deurskynend.
Plaas hoender terug asook die wortels, kerriepoeier, knoffel en gemmer en braai vir nog ‘n paar minute.
Voeg die mango sap by en kook vir 30 minute teen medium hitte.
Plaas nou die aartappels in en prut totdat die aartappels sag is, sowat 15 minute.
Proe en verstel sout, peper ens na smaak. Sorg dat daar baie sous is vir die “Bunny Chows”.
Verdik indien nodig met mielieblom en watermengsel.
Geniet.







geskuif