

HOENDER LASAGNE ALA KRISTIE
Bron & foto: Kristie Townsend
FOOD LOVERS RECIPES
2 hoender fillets
2 wortels, geskil en gerasper
1 ui, opgesny
1 soetrissie, opgesny
3 tamaties, opgesny
1 duimgrootte vars gemmer, geskil en gerasper
1 teelepel safron, kan vervang word met borrie
1 teeleper massala of kerrie poeier
1 teelepel gemmer spesery
sout en peper vir smaak
1 eetlepel suiker
1 eetlepel asyn
1 koppie rooiwyn
1 koppie hoender stock
paprika vir bo-oor
1 pakkie tamatie paste
1 koppie selery
1 teelepel mixed herbs
1 teelepel sweet basil spesery
½ koppie sonneblom olie
½ koppie olyf olie
8 lasagna velle
Vir sous:
250 g geel cheddar laas, gerasper
1 Liter melk
125g botter
1 ½ koppie meel
Sit die oond op 180°C en wag laat die oond temperatuur bereik.
Plaas die twee hoender fillets in ‘n bakplaat en gooi olyf olie oor met sout en peper en plaas foelie bo-oor.
Bak die hoender fillets in die oond en bak vir 25 min op 180°C.
Giet nou water in ‘n wasbak of groot bak en plaas al die lasagna sheets in die water, sodat dit sag kan word.
Haal die hoender uit as dit klaar gebak is en sny op in repies en plaas in ‘n bak.
Plaas die uie in die pan saam met die sonneblom olie en braai tot goudbrein.
Gooi nou die hoender en al die ander bestanddele by met al die speserye.
Laat dit kook vir 45 min.
As die hoender mengsel klaar gekook het, laat rus vir so paar minute.
Gooi nou die 1 liter melk in ‘n mikrogolf beker en plaas in mikrogolf op hoog vir tien minute totdat melk warm is.
As melk warm is, plaas die botter in die melk en sit op hoog vir 5 min totdat botter gesmelt is.
Meng botter en melk met hand klitser en voeg die 1 ½ koppie meel by en sit op hoog vir vyf minute en meng elke 30 sekondes tot ‘n souserige effek gevorm het.
As die sous reg is, voeg bietjie cheddar kaas by en roer in die witsous in.
Spuit spray en cook in ‘n vierkantige oondbak en sit ‘n laag witsous oor en dan ‘n laag lasagna velle (2 per laag).
Sit dan die hoender lasagna mengsel bo-oor en herhaal met die witsous.
Maak seker dat daar twee lae hoender lasagna is tussen die witsous lae en lasagna velle tussen in.
As jy die lae klaar gemaak het, plaas die cheddar kaas bo-oor en gooi bietjie paprika bo-oor en plaas in oond van 180°C vir 30 min.
As dit klaar in die oond is, laat afkoel vir so 20 min.
Bedien dadelik!
Daar bly nie baie van die hoender lasagna oor nie, so maak seker jy maak genoeg!






