HEUNINGDOUTERT
Tertkors
1 pakkie 200 g Marie beskuitjies
75 g botter , gesmelt
HEUNINGVULSEL
2 pakkies suurlemoen jellie 80 g
500 ml kookwater
250 ml heuning
75 ml suurlemoensap
1 blik 380 g ingedampte melk , oornag in yskas of n rukkie in die vrieskas gelaat .
Gerasperde suurlemoen skil
Vir versiering
Meng die beskuitjiekrummels en botter . Druk dit met die agter kant van n lepel teen die wande en op die boom van n tertbord met n volume van 1 liter vas . ( Ek het kleintjies gemaak van 10 cm het 8 van hulle gevul .)
Plaas die kors in die yskas tot benodig .
Maak die jelliepoeier met die kookwater aan . Voeg die heuning en suurlemoensap by . Laat die mengsel afkoel tot dit dik is en net – net wil stol .
Klits die ingedampte melk tot styf en vou dit in die jelliemengel in . Skep die vulsel in die kors en plaas dit in die yskas om te stol .
Versier dit net voor opdiening deur krummels en suurlemoenskil in sirkels op die vulsel te strooi .
Foto: Petro van Genderen