

DUITSE KOOLFRIKKADELE
Koolkop
2 dikkerige snye witbrood (ek het 125ml oats gebruik)
500ml maalvleis
1 eier
1 ui
1 knoffelhuisie fyngedruk
5ml sout
5ml droë origanum
2ml droë tiemie
1ml peper
1liter beesaftreksel
Voorverhit die oond 180 grade Celsius
Sny sowat 6 van die gesonde buite koolblare versigtig los en kook hulle effens in soutwater op tot hul sag genoeg is om te vou.
Meng res van die bestandele behalwe die beesaftreksel.
Maak balletjies en rol toe in koolblare.
Pak in bak.
Giet aftreksel oor frikkadele.
Bak 1uur lank sonder deksel.
Bron: Wenresepte nr 3
Foto: Benhet Nieuwenhuis






