


BLOMKOOL EN BROCCOLI SLAAI
1 medium blomkool
1 medium broccoli.
1 medium ui gerasper
1 koppie gerasperde kaas
Neute opsioneel
1 pakkie spek (250g)
Breek die blomkool en broccoli in klein (blommetjies) spoel mooi af. Sny die spek in stukkies en braai liggies tot gaar, koel die spek af en meng.
Sous:
1 koppie mayonnaise
1/2 koppie strooisuiker
3 eetlepels asyn
Meng goed en voeg saam die blomkool en broccoli…kan ‘n dag voor die tyd gemaak word, dis heerlik verby! roer die slaai gereeld sodat die sous kan mooi deur die slaai trek
Bron: Magteld Janse Van Vuuren






