

ILANI SE STICKY HOENDER VLERKIES
1,5 kg hoender vlerkies
2 hoender Stock blokkies
1,5 Liter kookwater
2 teelepels hoender speserye
2 teelepels gedroogde pietersielie
Kook hoender vlerkies in die kookwater waarby die stock blokkies, pietersielie en hoender speserye gevoeg is tot amper gaar.
Marinade:
1/4 koppie Extra Virgin olyfolie
1 teelepel swartpeper
1 teelepel braaivleis speserye
Knippie gedroogde tiemie
2 teelepels knoffel vlokkies
1 koppie Mrs Balls perske blatjang
1/2 koppie donker Soya Sous
1/4 koppie Worcestersous
1 koppie heuning
Meng al die bestanddele vir marinade.
Haal hoender vlerkies uit die kookwater en sit in die marinade om te marineer vir ten minste 30 minute. Braai op die vuur tot heerlik goudbruin, terwyl jy dit gereeld bedruip met marinade.
Foto en resep: Zelda Pieterse






