

BROSKOEKIES – SHORT BREAD
5 x 250 ml koekmeel
250 ml strooisuiker
500 g keur botter by kamertemperatuur (ek het stork bake gebruik)
knippie sout
Voorverhit die oond tot 160ºC of waaieroond tot 150ºC onthou, alle oonde se termostaat is nie dieselfde nie, plaas ‘n los thermometer in jou oond om seker te maak en pas aan.
Sif die suiker en meel net 1 x in ‘n groot mengbak.
Verdeel die botter en voeg een porsie botter by die meelmengsel.
Die rede vir die verdeling van die botter is om die inwerk daarvan te vergemaklik.
Lig die bestanddele gedurig soos jy die botter inwerk met jou vingers, werk nou die 2de helfde botter ook in.
Versprei die deeg in ‘n ongesmeerde koekiepan (voorgestelde grootte 26 x 38 x 3 cm) en druk stewig vas.
Prik gaatjies in die deeg met ‘n vurk in rye, so ongeveer 1 cm uitmekaar.
Bak die deeg in die voorverhitte oond vir 30 – 40 minute.
Verwyder die pan uit die oond en sprinkel strooisuiker egalig oor.
Sny die brosbrood in vierkante terwyl dit nog warm is.
Nota – Ek het +- 150 koekies uitgekry. Ek meet die vingertjies af met ‘n klein mostert blikkie se onderkant en dan is al die vingertjies ewe groot en lyk mooi op ‘n bord of in verpakking.
Resep: Tannie Lili Dreyer
Foto: Marié Fourie







Geskuif