BOEREKOS PAMPOENKOEKIES
500 ml gaar pampoenmoes
30 ml suiker
2 eiers , geklits
¼ teelepel sout
¾ koppie meelblom
15 ml bakpoeier
sonneblomolie om te bak
Om te bedien:
kaneelsuiker
suurlemoensap
Meng die pampoenmoes met die res van die bestanddele, behalwe die sonneblomolie. Laat die mengsel vir ten minstens ‘n halfuur staan, of slegs oornag.
Verhit die olie 5 mm die in die pan. Moenie die beslag roer nie. Skep lepels vol in die warm olie. Keer om met ‘n paletmes en braai al kant tot mooi oranjebruin.
Klad die pampoenkoekies op kombuispapier droog.
Skep in ‘n opdienskottel, strooi kaneelsuiker oor, druk suurlemoensap oor en bedien warm as ‘n bykos of nagereg.
Foto: Petro van Genderen
geskuif