

BENHET SE LEKKER GESONDHEIDSBESKUIT
(My ma se resep)
500 g botter
375 ml sagtebruin suiker
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
750 ml all bran semels vlokkies
500 ml semels
200 ml afgedopte sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
500 ml karringmelk
2 eiers
Plaas die botter en suiker in n bak en mikrogolf 3min op 100% roer en mikrogolf 1 min.
Sif die bruismeel, bakpoeier, sout saam in n skottel. Voeg die suikermengsel, all bran, sonneblomsaad, semels, rosyne by en roer. Vryf tot goed gemeng.
Klits die karringmelk en eiers saam.voeg by meelmengsel en roer goed.
Druk vas in oondpan en bak 35min by 180º C.
Sny sodra uit die oond kom… droog uit.
Resep: Benhet Nieuwenhuis se ma
Foto: Benhet Nieuwenhuis






