

XANDER SE BLOMKOOL EN BILTONG
Blomkool gekook vir 5mins laat hy nog hard is. Maak n wit sous met melk en room 50/50.Gooi die blomkool in die witsous en meng liggies deur. Gooi nou een gerasperde Mozzarella kaasbal by en meng deur. Sit dit in die oond vir 10mins laat die Mozzarella smelt en meng weer liggies deur. Rasper neut oor maar redelik baie. Gooi droe biltong in n blender en maak hom fyn maar nie stof nie. Gooi oor en gooi baie gerasperde chedder oor Braai hom in die oond tot kaas bruin is en geniet.
Bron: Xander Muir






