

PYNAPPEL HOENDERKERRIE
Resep en foto: Rina Kleinhans.
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het vanoggend in die tuin gewerk en toe ek moes ek baie vinnig ‘n plan maak vir kos. Ek maak toe hierdie pynappel hoenderkerrie en regtig dit was nou ‘n heerlik soeterige kerrie, iets anders om te probeer.
6-8 hoenderstukke (ek het 4 groot borse middeldeur gesny)
1 ui opgekap
hand vol songedroogte tamaties
1 teelepel gekapte knoffel of 2 toontjies
2 teelepels “mild” kerriepoeier
2 teelepels borrie
1 klein blikkie pynappelstukke
½ bottel knorr Honey and Mustard slaaisous
3 wortels gesny in groterige stukke
3 aartappels in die helfte gesny
1 eetlepel bisto en 1 eetlepel koekmeel gemeng en aangemaak met ½ koppie water
kruie en speserye na smaak (Ina Paarman se lemon and black pepper gebruik)
½ koppie room
Sit die ui, tamatie, kerrie, borrie en knoffel in die elektriese stoom pot en braai tot uie begin verkleur, sit jou hoenderporsies by en braai bietjie. Voeg die pynappelstukke met stroop en al by en ook die slaaisous. Maak die pot toe en stel op hoender verstelling, in my geval is dit 10 min. Na die 10 min laat die stoom afblaas en sit die wortels en aartappels by. Sit die pot weer op die hoender funksie vir 10 min.
Daarna was my aartappels nog nie heel sag nie en ek het hom laat kook tot die aartappels ook sag was. Sit die kruie en speserye by na smaak. Deur gekook, sit jou bistomengsel by terwyl jou pot heel tyd kook. Dit sal nou lekker dik wees. Laat hy net lekker deur kook en sit af. Net voor opdiening voeg die room by en roer deur. Bedien saam met basmati rys en kruisement ertjies.






