

PETRO SE PLAATKOEKIES
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml suiker
2 eiers
250 ml karringmelk
2,5 vanilla guerser
15 ml botter vir braai
Sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam en maak ‘n holte in die middel.
Klits eiers, melk en vanilla saam en klits dit dan by die meel-mengsel tot glad .
Verhit ‘n pan met botter en skep lepels vol beslag in die pan, braai albei kante tot bruin en gaar.
Ek bak die plaatkoekies op medium hitte, want as dit te vinnig gaar word, gaan hy gaar lyk aan die buite kant en nog rou binne. Ek toets ook die koekie deur ‘n tandestokkie in te steek, en as hy skoon uit kom weet ek hy is gaar. En hoe jy weet dis tyd om hom om te draai, sal jy sien hy maak klein gaatjies .
Sit warm voor met botter en goue stroop .
Foto: Petro van Genderen






