PETRO SE PLAATKOEKIES
PLAATKOEKIES
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml suiker
2 eiers
250 ml karringmelk
2,5 vanielje
15 ml botter vir braai
Sif meel , bakpoeier , sout en suiker saam en maak n holte in die middel.
Klits eiers , melk en vanielje saam en klits dit dan by die meel-mengsel tot glad .
Verhit n pan met botter en skep lepels vol beslag in die pan en braai albei kante tot bruin en gaar .
Ek bak my plaat koekies op med , want as dit te vinnig gaan , gaan hy gaar lyk aan die buite kant en nog rou binne …. ek toets ook my koekie , om n tandestokkie in te steek , en as hy skoon uit kom weet ek hy is gaar . En wanneer jy weet dis tyd om hom om te draai , sal jy sien hy maak klein gaatjies .
Sit warm voor met botter en goue stroop .
Foto: Petro van Genderen