

LINDY SE GESTOPTE PORK BELLY
Een Ontbeende pork belly, vel gesny in repies bo op vir lekker crackling. Kan sommer ‘n Stanley messie gebruik, werk goed. Lê belly vel na onder.
Kap 2 bossies grasuie fyn,
voeg 350g gekapte spek by ( bacon pieces) asook
4 knoffelhuisies fyn gekap,
sout en growwe peper.
Pak dit in middel van belly in lengte af. Vra iemand om belly vas te hou sodat jy tou om dit kan bind sodat dit rol vorm.
Smeer met olyfolie en gooi growwe sout oor.
220 grade vir so wat 7 min om crackling te seel, dan 180 grade tot 70 grade interne temp….dan weer vinnig op grill tot crackling lekker crisp is. Voila!
Heerlik ook gestop met fennel, sage en lemon zest vir afwisseling.
Resep en foto: Lindy Badenhorst






