

LAMSBOUD IN PORT, APPELKOOSKONFYT EN KARRINGMELKSOUS
Middagete…. Lamsboud, Plat aartappels, Potgebraaide kool, Karamel Pampoen, en Basmati rys..
1 lamsboud (ontbeen en gevlek)
Fyn naeltjies
Grof gemaalde swart peper
Sout
Worcestersous speserye
Fyngekapte knoffel
Gekapte ui
Fyn gekapte roosmaryn
Meng roosmaryn en droë beatanddele. Smeer oor gevlekte boud. Strooi gekapte knoffel en uie oor. Rol boud toe en steek met sosatie stokke of tande stokkies vas. Doen dieselfde aan die buitekant van die boud. Maak ‘n mengsel van 1 koppie port, ½ koppie karringmelk en ¼ koppie fyn appelkooskonfyt aan. Sit boud in n pirex bak of casserole. Giet die port mengsel in die bak en oor die boud. Sit deksel op en bak teen 180ºC tot soos gaar soos verkies. Haal deksel af en bak tot bruin. Laat staan vir ‘n paar minute staan sodat sappe kan terug trek.
KARAMEL PAMPOEN
Ek braai eers die botter en suiker tot dit n ligte karamel kleur kry. Voeg dan ‘n klein bietjie water by, asook die pampoen, kaneel, ‘n bietjie sout en gouestroop of heuning. Kook tot ‘n lekker karamelsous vorm en voeg net ‘n klein bietjie koeksoda by. Kook goed deur.
NOTA: ek het vars pampoen geskil. wanneer ek gevriesde pampoen gebruik, voeg ek geen water by nie..
Resepte en foto: Petré Van Jaarsveld






