

KOFFIE-CHIFFONKOEK
125 ml mielieblom
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
7 eiers, geskei
90 ml sterk swart aangemaakte koffie
250 ml strooisuiker
205 ml olie
5 ml vanilla essense
90 ml strooisuiker (ekstra)
VERSIERSEL
60 ml botter
60 ml water
2,5 ml droë koffiekorrels
90 g witsjokolade, in blokkies gebreek
250 ml versiersuiker, gesif
Stel oond op 180°C.
Sif mielieblom, koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits eiergele, aangemaakte koffie en strooisuiker met elektriese klitser tot donserig.
Voeg olie en vanilla essens by en klits tot goed gemeng.
Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
Klits eierwitte tot stywepuntstadium. Voeg 90ml strooisuiker by en klits tot glad.
Vou eierwitte by beslag in.
Spuit 2 ringkoekpanne van 22 cm met kleefvrye sproei en sprinkel met koekmeel ( ek voer panne uit met waspapier en sprinkel dan met meel, anders sit die koek vas onder).
Verdeel deeg tussen 2 panne en bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Laat bietjie afkoel en keer dan op afkoelrak uit.

* ek kry 2 koeke uit hierdie beslag. Ek sny hul dan in middel deur en smeer met sjokolade botterversiersel in middel en dan bo-op baie dun voor ek die versiersel oorgooi)
VERSIERSEL:
Plaas botter, water, koffie en sjokolade in kastrol. Verhit oor matige hitte en roer af en toe tot glad.
Verwyder van hitte en roer versiersuiker by tot glad. Skep bo-oor die koek.
Ek kap ‘n pakkie maltballetjies en strooi dit bo-oor.
Berg in lugdigte houers.
* by gebrek aan ringkoekpanne, sit ek n glas wat gespuit en in meel gedruk is, in die middel
Foto: Marietjie du Toit







geskuif