WILMA SE VINNIGE PYNAPPEL YSKASTERT
10 tennisbeskuitjies gekrummel en gemeng met 50 ml gesmelte margarien. Druk op die boom van ‘n 1 liter tertbord vas en sit in die yskas om af te koel
Vulsel:
1 blikkie kondensmelk (baie koud)
1 klein blikkie pynappelstukkies gedreineer (behou stroop)
1 pakkie Suurlemoen jellie
15 ml gelatien poeier
100 ml warm water (nie kookwater nie)
Pynappelstroop aangevul tot 100 ml met yskaswater
50 ml suurlemoensap
Meng die jelliepoeier en gelatien goed saam en meng tot opgelos in warm water. Voeg nou pynappelstroop by.
Voeg pynappel en kondensmelk by en meng. Voeg laaste suurlemoensap by. Meng goed en giet op tertkors.
Krummel 2 beskuitjies en strooi oor.
Laat stol in die yskas vir 30 min en geniet.
Resep en foto: Wilma Josey Venter