

JACQUES SE WILDSPOT
Bron en foto: Jacques De Bruyn
FOOD LOVERS RECIPES
120 ml sonneblom olie
4 groot wortels opgesny
6 baba uie in opgesny
2 teelepels knoffel
2 teelepels tiemie spesery
1 kg Wildsvleis
300 g vet skaapvleis
500 ml Rooiwyn of Port
1 500 g sakkie baba aartappels
1 500 g kersie tamaties
2 teelepels sout
Verhit die olie in die pot en bruin jou uie en knoffel vir so 5 min. Voeg dan die vleis by en bruin dit saam met die tiemie en 1 teelepel sout. Sodra die vleis gebruin is, voeg die tamaties, wortels en port/rooiwyn by en 1 koppie water (indien nodig) en laat prut vir so 2 tot 3 ure met die deksel op. Hou ‘n konstante hitte met die kole. Loer gereeld om seker te maak die pot kook nie droog nie. Voeg dan die baba aartappels en 1 teelepel sout (indien nodig) by en kook vir nog 45 min of tot sag.







done