

GRANADILLA TERT MET KLAPPERKOEKIES
1×200 g klapperkoekies , fyn gedruk
100 g botter , gesmelt
30 ml koue water
15 ml gelatien
30 ml kookwater
Pulp van 9 granadillas of 2 x 115 g blikkies
1 x 250 g geroomde maaskaas
1 x 230 g ongegeurde roomkaas
250 ml room
180 ml strooisuiker
Meng die koekie krummels en botter goed en druk teen die boom en kante van ‘n middelslag-tertbord vas.
Verkoel tot benodig.
Giet die koue water in ‘n bakkie en sprinkle die gelatien bo-oor. Laat staan vir 5 minute.
Klits intussen die maaskaas en roomkaas saam tot glad. Roer die helfte van die granadillapulp by die kaasmengsel. Giet die kookwater oor die gelatienmengsel en roer tot opgelos en helder.
Voeg by die kaasmengsel en meng goed. Klits die room en strooisuiker saam styf en vou by die kaasmengsel in.
Giet die mengsel in die krummelkoers en smeer gelyk.
Skep teelepelsvol van die res van die granadillapulp oor die tert en trek ‘n tafelmes se lem daardeur om dit deur die kaaskoekvulsel te marmer.
Verkoel tot ferm.
Foto: Petro van Genderen







Geskuif