

FRIKKIE SE NUWE SJOKOLADEKOEK
6 eiers, geskei
Knippie sout
1½ koppies strooisuiker
1 koppie (250 g)sagte botter of bakmargarien.
2 koppies meel
½ koppie kakao
Ongeveer 200 ml melk
2 teelepels vanilla geursel
17½ ml bakpoeier
Sit ‘n bakkie kookwater onder in die oond en voorverhit tot 180°C.
Klits die eierwitte en sout saam tot styf en hou eenkant.
Klits die botter, eiergele en strooisuiker saam tot baie lig en donsig.
Sif die meel en kakao saam.
Meng die melk en vanilla.
Meng die meel en melk beurtelings by die bottermengsel. Meng op stadige spoed en waak teen “overmixing”. Meng tot net gemeng.
Sprinkel die bakpoeier oor en vou die eierwitte in 2 sarsies in.
Giet in voorbereide koekpan wat met papier uitgevoer is.
Plaas in oond en verlaag die hitte na 170°C.
Bak ongeveer 60 min tot toetspen skoon uitkom.
Keer koek uit op afkoelrak en koel onder ‘n nat vadoek af.
Sny in 3 lae en vul met vulsel van jou keuse.
Hier het ek ‘n tuisgemaakte karamel en 70% sjokoladeganache gebruik.
Resep en foto: Frikkie Jones







geskuif