

MARIANNE SE CHILLIE FISH BITES
Chillie-fish-bites:
1 blik pilchards in hot chilliesous
2k koekmeel
2t bakpoeier
1t sout
1 gerasperde ui
Goeie bossie uiegras
2 eiers
Water
Halveer die vis in die lengte en haal ruggraat uit, maak fyn saam met die sous.
Voeg die ui, uiegras, eier by en meng. Voeg die droe bestandele by en meng deur, voeg nou water bietjie vir bietjie by terwyl jy meng totdat n redelike slap beslag. Bak lepelsvol in diep olie tot gaar.
Resep en foto: Marianne de Beer






