

FRIEDA SE SUURLEMOENVINGERS
KORS
500 ml koekmeel
125 ml versiersuiker
1 ml sout
300 ml botter
Sif saam en vryf botter in
Druk vas op bakplaat 32 x 23 x 2
Bak 20-25 mintot gaar en ligbruin
Ek het die kors 2 x aangemaak, bolaag is genoeg vir 2 of jy kan BOLAAG helfte van resep aanmaak
BOLAAG
4 ekstra groot eiers
375 ml suiker
100 ml suurlemoensap
12,5 ml gerasperde suurlemoenskil
3 ml ruim bakpoeier
Versiersuiker on bo-oor te sif
Klits eiers tot skuimerig
Voeg die suiker by
Voeg res van bestanddele by en klits goed
Giet oor gebakte kors en bak nog 25 min tot gaar en gestol by 180ºC
Laat effens afkoel en sif versiersuiker oor en sny in vingers
Resep en foto: Frieda Greyling
Bron v resep: Frieda se ma







geskuif
Fransa Vorster says:
Ek het gister hierdie lekker Suurlemoenvinger gemaak, en dit het goed uitgekom!
Ek wil wel net byvoeg:
* Ek het die kors en vulsel op 180º c gebak (dit staan nêrens in die resep nie)
* Die resep sê mens kan die vulsel halveer want dis baie, maar vir my was dit glad nie nodig nie. Dit was heeltemal genoeg