

ERIKA SE GARNALE
garnale, skoongemaak
diep olie om in te gebraai
uie, klein blokkies gesny (hoeveelheid na smaak)
botter om in te braai
2 eetlepels knoffel
400 ml room
2 eetlepels suurlemoensap
sout en peper, na smaak
Braai die garnale in die olie.
In ‘n aparte pan, braai die uie en knoffel in die botter. Voeg die room suurlemoensap, sout en peper by.
Pak die klaar gebraaide garnale in die sous en prut op lae hitte tot warm.
Bedien met rys en slaai, suurlemoenwiggies en tabasco.
Resep: Erika Binedell
Foto: Marie Rheeder Troskie







geskuif