

“BUTTERNUT” SPAGETTI BOLOGNAISE
Om die lekkerbekkies te flous om sonder sukkel groente in te kry 😉
1 ‘butternut’
1 ui
Knoffel na smaak
500g maalvleis
Pakkie bolognaise poeier (cook-in-sauce)
Pakkie tamatie puree
Blik tamatieroomsop
250g spaghetti
Sny ‘butternut’ in klein blokkies. Kook tot sag.
Braai ui en knoffel. Voeg maalvleis by (ek spesery met bietjie sout, peper en bbq speserye) en braai. Voeg bolognaise poeier (volgens aanwysings – gewoonlik 400ml water), tamatie puree en tamatieroomsop by. Meng goed.
Voeg saggekookte ‘butternut’ by en gebruik kapokstok (masher) om dit lekker fyn te druk in die maalvleis mengsel. Laat prut volgens aanwysings (gewoonlik 20min).
Voeg gekookte spaghetti by.
Die ‘butternut’ breek die tamatiesmaak en jy hoef nie die bolognaise te versoet met suiker of iets dergliks nie.
FOTO EN RESEP: Tertia Vivier Van Breda






