

ELIZE SE OUTYDSE SOETKOEKIES
18 koppies wit broodmeel
7.5 koppies witsuiker
10 ml sout
1 en ‘n half eetlepel naeltjies en
1 en ‘n half eetlepel pypkaneel
2 teelepels neutmuskaat( nutmeg)
Meng al die droë bestandele saam
(rasper 750 gram storkbake in droë bestanddele in vryf goed in met vinger punte
Klits 9 groot eiers goed
Meng 1 en ‘n half eetlepel koeksoda met 1 en ‘n half koppie melk goed – gooi by geklitste eiers en meng in by droë mengsel ( deeg sal half stywerig voel maar meng met vingers goed moenie knie nie)
Wanneer dit mooi bymekaar gemeng is maak toe en laat staan oornag ( ek meng gewoonlik so 8 uur in die aand en rol in oggend uit
Strooi nogsteeds jou uitrol plek met WITBROOD meel en deeg sal klewerig voel in oggend dis omdat suiker ingesmelt het, vryf maar bietjie meel in jou hande jy sal gou vind hoe werk die deeg . HIERDIE RESEP IS BAIE OUD DIS outydse soetkoekkies ek het groot geword met die koekkies
Bak vir tussen 10 en vyftien min tot ligbruin ek bak op 160º C op fan aksie vir 13 minute
FOTO EN RESEP: Elize Venter






