

BEESVLEIS EN APPELKOOS MAROKKAANSE TAGINE MET COUSCOUS
Genoeg vir 6 mense
SPESERYE
2 teelepel borrie
2 teelepel kaneel
1 teelepel fyn koljander
2 teelepel komyn
Halwe teelepel rooipeper
Halwe teelepel kardomom
4 teelepels sout
1 eetlepel gerasperde suurlemoenskil
1 teelepel paprika
BENODIGHEDE
900 g beesvleis in klein blokkies gesny
2 eetlepels olyfolie
2 uie opgekap
2 eetlepel gerasperde knoffel
2 eetlepel gerasperde vars gemmer
4 eetlepel tamatiepasta
3 koppies beesvleisaftreksel
1 koppie gedroogde appelkose
halwe koppie pitlose rosyne
2 eetlepels heuning of bruinsuiker
halwe koppie gekapte pistasieneute
halwe koppie gekapte pietersielie
Meng die droë speserye (borrie, kaneel, koljander, komyn, rooipeper, kardomom, sout, suurlemoenskil en paprika) met die olyfolie. Giet dit oor die beesvleis en werk goed deur sodat al die vleis met die mengsel bedek is. Marineer dit in die yskas vir ongeveer 8 ure voor dit gaargemaak moet word.
Verhit 4 eetlepels olyfolie in ‘n groot pot oor ‘n matige hitte. Plaas die beesvleis in die pot en verbruin.
Verwyder van die hitte en skep vleis uit die pot.
Roerbraai die uie en knoffel tot vir ongeveer 5 minute tot dit deurskynend raak.Voeg nou die gemmer by en roerbraai vir nog ‘n minuut. Voeg die beesvleis weer by die uie-mengsel en roer goed deur. Meng die tamatiepasta, heuning en beesvleisaftreksel en voeg by die beesvleis. Laat dit kook.
Verlaag die hitte en sit ‘n deksel op die pot en laat prut vir ongeveer ‘n uur en ‘n half of tot die vleis sag is. Voeg die appelkose en rosyne by. Voeg nog beesvleisaftreksel by indien nodig om te bedek.
Laat kook die vleis weer en verlaag dan die hitte dat en prut vir nog 15 minute.
Bedien op couscous.
Bron: Uit Ruhan Bothma se argiewe
Foto: Ruhan Bothma






