

MAROKKAANSE HOENDERPASTEI
Botter
2 knoffeltoontjies gekap
1 eetlepel matige kerriepoeier
1 teelepel kaneel
2 koppies butternut pampoen in blokkies, gestoom of gerooster
½ koppie amandels
1 koppie tamatie puree
10 pitlose groen olywe gehalveer
1 gaar hoender, vleis uitmekaar gepluis
½ koppie hoenderaftreksel
Halwe koppie room
Sout na smaak
8 Velle Phyllo deeg
Bietjie melk om die Phyllo deeg mee te glassuur
Smelt 4 eetlepels botter in ‘n pan en braai die knoffel en speserye vir 5 minute. Voeg die pampoenblokkies, neute, tamatie puree, olywe, hoender en hoenderaftreksel en room by en laat prut vir 5 minute. Geur met sout en ‘n bietjie peper en laat afkook tot mengsel redelik droog is.
Rol die Phyllo deeg oop, verf elke vel met ‘n bietjie gesmelte botter en pak in lae op mekaar. Sit die stapel gesmeerde deegvelle in ‘n gesmeerde springform pan (deursnee so 25 -28 cm) en skep hoendermengsel daarin. Druk liggies vas. Vou die randte wat oor die pan hang oor die mengsel en bestryk met ‘n bietjie melk.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 200 ºCelcius vir 20 tot 30 minute tot die kors goudbruin is.
Haal uit oond en laat dit in die pan ‘n bietjie afkoel. Verwyder uit pan en bedien met blatjang.
Bron: Uit Ruhan Bothma se argiewe
Foto: Ruhan Bothma






