

WILMA SE WORSTERT MET ‘N VERSKIL
Deeg:
2 koppies Nuttywheat
15 ml bakpoeier
5 ml gemengde kruie
2 ml sout
Varsgemaalde Swartpeper
500 ml melk
500 ml kookolie
100 ml water
Meng alles saam en hou eenkant.
Vulsel
Braai 500 g wors tot sappig, goudbruin en gaar. Skep uit die pan en giet 100 ml water in die pan en kook op lae hitte om pansappe te meng.
Braai saam in bietjie olyfolie:
10 ml braaispeserye
3 ml rissiepitte
5 ml fyngemaakte knoffel
Swartpeper na smaak
1 groot ui opgekap
¼ soetrissie, opgekap
1 pannetjie sampioene, in skyfies gesny
2 middelgrootte tamaties, opgekap
Voeg die pansappe by en laat droogkook.
Skep helfte van die slapdeeg onder in ‘n gesmeerde tertbak van 2 liter.
Sny wors oorlangs in stukke en pak op die deeg (hou’ n flentertjie uit om te krummel). Skep groentevulsel bo-op wors en maak gelyk. Skep lepelsvol deeg bo-op die groentevulsel en maak gelyk. Sprinkel gekrummelde wors en paprika bo-oor. Bak by 180ºC vir +-30min tot goudbruin en gaar. Bedien met oondgeroosterde gemengde vars groente.
(Ek het ‘n blikkie heel mielies tussen die wors gepak bo-op die deeg, net vir die lekker)
Resep en Foto: Wilma Josey Venter






